Bosveld NewsEntertainmentLifestyleNews

Televisiespanne kom kuier by KKKF

DIE Fiëstaspan van Kyknet is op 7 en 8 Augutus by die Kierieklapperkunstefees (KKKF) en daar gaan ook besoek afgelê word by van die besighede en besienswaardighede op die drorp, sê Estelle Hartzenberg, bestuurder van die Potgietersrus Dienssentrum vir die Bejaardes.

MOKOPANE – DIE Fiëstaspan van Kyknet is op 7 en 8 Augutus by die Kierieklapperkunstefees (KKKF) en daar gaan ook besoek afgelê word by van die besighede en besienswaardighede op die drorp, sê Estelle Hartzenberg, bestuurder van die Potgietersrus Dienssentrum vir die Bejaardes.

Nóg ‘n televisiespan, SA Feeste, sal op 7 Augustus die bedrywighede by die fees op film vaslê. Daar is nog enkele kaartjies beskikbaar vir van die produksies en kronkels byvanjaar se 15de KKKF.

Kom kyk na “Die Boer en Die Skot” met Bok van Blerk en Peter Mitchell in die skoolsaal van Hoërskool Piet Potgieter. Hierdie is ‘n gesinsvriendelike produksie. Kaartjies kos R150 per person en die vertoning begin om18:00.

In die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes se saal gaan Derrich Gardner van RSG op Maandag, 10 Augustus, ‘n spesiale “VAT 5” aanbied vir oud en jonk. Staan ‘n kans om jou gunsteling liedjies saam Derrich op die verhoog te deel. Kaartjies kos R100 per persoon en die vertoning begin 10:00.

Hartzenberg sê die gewilde kronkels moet nie misgeloop word nie. Op Vrydag, 7 Augustus om 14:30 begin die kunstekronkel by die wyntuin op die feesterein vir ‘n wynproe- en musiekkultuur. Vandaar kronkel die feesgangers na Honey Ball vir ‘n komedie deur Steve en Bertie Teich. Die klultuurkronkel sluit ook ‘n orreluitvoering deur Wimpie Engelbrecht in die NG Moedergemeente in en dan konkel die feesgangers terug na Honey Ball waar ‘belly-dancing’ aan die beurt kom.

Die kronkelsluit af met Frank Opperman se produksie “Klaagliedere van Ds Tiene Benade” in Hoërskool Piet Potgieter se skoolsaal. Kaartjies vir die KunsteKronkel is R180 per persoon wat Opperman se produksie insluit.

Op Maandag, 10 Augustus om 11:30 is dit tyd vir ‘n wildskronkel. Die wildskronkel begin deur ‘n besoek aan die Wildteelsentrum buite Mokopane waar daar interaksie gaan wees met uile, swart renosters en leeus. Die kronkel gaan die wildskronkelaars op interessante kinkels lei, maar dit is ‘n geheim! Die kronkelaars gaan daarna wild besigtig en word tussendeur bederf met iets lekkers om aan te knibbel. Die wildskronkel sluit af met die voer van renosters en ‘n braai om die kampvuur. Kaartjies vir die kronkel is R280 per persoon. Die kronkel einding om 20:00.

Die feesterrein toegang vir 6-8 Augustus 2015 is: Donderdag -R50, Vrydag – R80 en Saterdag – R80. ‘n Spesiale 3-dag feestoegang kos R180 vir volwassenes en hoërskoolleerders. Kinders betaal R40 per dag of ‘n spesiale 3-dag feestoegang vir net R100.

Kunstenaars op die buiteverhoog is Donderdag – Snotkop, Vrydag – Riana Nel en Dewald Wasserfall en Saterdag – 1925 Band, Bobby van Jaarsveld en vir die kinders Hanna en Buster die Brak.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button