Om geld in te samel vir hulle wegbreeknaweek aan die einde van die jaar, het die Hervormde Kerk Ladanna se diensgroep vir bejaardes Vrydagaand 'n sop- en sjerrieaand in die kerksaal gehou.
Johan Willemse en sy vrou Corrie kuier heerlik by die sop- en sjerrieaand.
POLOKWANE – Om geld in te samel vir hulle wegbreeknaweek aan die einde van die jaar, het die Hervormde Kerk Ladanna se diensgroep vir bejaardes Vrydagaand ‘n sop- en sjerrieaand in die kerksaal gehou.
Daar was vyf verskillende soorte sop om van te kies bedien met ‘n broodjie en ‘n glasie sjerrie. Die groep het 110 kaartjies verkoop teen R50 per persoon. Terwyl die gaste hulle sop en sjerrie geniet het, is hulle betower met pragtige liedere van die plaaslike koor, Ensemble Esprit.
Die diensgroep bedank almal wat die sop- en sjerrie-aand ondersteun het, asook die mense wat gehelp het met die voorbereiding van die sop en opmaak van die kerksaal vir die geleentheid.
Saré Nel smul lekker aan haar sop en ‘n stukkie brood by die sop- en sjerrieaand.
Renchia Venter en Danie Grobbelaar skep vir hulle sop by die Hervormde Kerk Ladanna se sop- en sjerrieaand.
Erina Becker geniet ‘n bietjie familietyd saam met haar dogters, Celma en Amelie, by die sop- en sjerrieaand.
Ensemble Esprit, ‘n plaaslike koor, vermaak die gaste by die sop- en sjerrieaand.
Lekker kuier. Voor is Stoffel en Marelize Greyling, Chantelle Venter en Ashley Taylor. Agter staan Saartjie Venter.
Nellie Botha en Bets van der Linde geniet ‘n glasie sjerrie.
Tom Gerber, Femmie Denner, Mabel en Gert Nel kuier saam by die Hervormde Kerk Ladanna se sop- en sjerrieaand.
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter