Local NewsNews

DA betoog tydens dwelmhofsaak

Enkele lede van die Demokratiese Alliansie (DA) het Dinsdag tydens die verskyning van vyf vermeende dwelmhandelaars voor die Polokwane Landdroshof betoog. Die DA se woordvoerder oor sosiale ontwikkeling, Suzan Phala sê die betoging was om mense oor die dwelmprobleem in die provinsie in te lig. Teen druktyd kon die polisie nie bevestig wat tydens die …

Enkele lede van die Demokratiese Alliansie (DA) het Dinsdag tydens die verskyning van vyf vermeende dwelmhandelaars voor die Polokwane Landdroshof betoog.
Die DA se woordvoerder oor sosiale ontwikkeling, Suzan Phala sê die betoging was om mense oor die dwelmprobleem in die provinsie in te lig.
Teen druktyd kon die polisie nie bevestig wat tydens die verskyning gebeur het nie. Provinsiale polisiewoordvoer-der, Ronel Otto het gesê die vyf is onlangs tydens ‘n spesiale operasie vasgetrek.
Chiadikaobi Onwuka was volgens Otto glo in besit van 132 sakkies Methcathinone beter bekend as Cat, nege sakkies methamphetamine (tik), vyf eenhede rookbare kokaïene (rocks), verskeie pakkies dagga en R30 000 kontant.
Kenneth Maduabuchukwu is gearresteer vir die besit van vier sakkies Cat en dagga terwyl Antoni Okeke glo ook in besit was van Cat sowel as ‘n ongelisensieerde vuurwapen.
Hing Choi and Andy Ma is vasgetrek nadat hulle glo in besit van tik en dagga onderskeidelik was.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button