NewsSchools

Salie droom in groen en goud

Salie Vermaak (18) is as Speler van die Wedstryd aangewys tydens die Coca-Cola Cravenweek in Stellenbosch.

POLOKWANE – Salie Vermaak (18) is as Speler van die Wedstryd aangewys tydens die Coca-Cola Cravenweek in Stellenbosch.

Salie het vir die Blou Bulle se o/18-span uitgedraf teen Grens-Platteland en gehelp dat sy span die manne van Grens-Platteland 34-20 klop, waarna hy as Speler van die Wedstryd aangewys is.

“Ek het dit glad nie verwag nie.

Dit is ‘n baie lekker gevoel en een van die dinge wat rugby vir my so wonderlik maak,” sê Salie.

Salie vertel dat alhoewel hy dit baie geniet het om deel te neem aan die Cravenweek, was die wedstryde beslis baie moeiliker, omdat die spanne so sterk was.

Salie is ‘n gr. 12-leerder by Hoërskool Pietersburg (PHS) en speel rugby as agsteman en vlank vir die skool se eerstespan.

Review het met Salie gaan gesels om meer uit te vind oor sy liefde vir rugby en wat sy dryfkrag is in die sport.

“Ek speel rugby al van kleins af, ek het begin as ‘n bulletjie en ek het onmiddellik ‘n groot liefde vir die sport ontwikkel,” sê Salie.

Omdat rugby so ‘n veeleisende sport is, oefen hy drie keer per week en gaan ook vyf keer ‘n week gimnasium toe.

Salie het ook toe hy in die o/16-span was aan die Akademieweek deelgeneem.

Om ‘n rugbybeurs te kry is sy grootste droom, want hy wil graag ‘n loopbaan maak van die sport, al dan nie, wil hy graag in die landbou-bedryf gaan swot.

Een van Salie se groot rolmodelle en mees-toegewyde ondersteuners is sy pa, Salie snr.

“Hy mis nooit een van my wedstryde nie, maak nie saak waar dit is nie.

Selfs al speel ons in die Kaap sal hy altyd daar wees om my te

ondersteun en raad te gee,” sê Salie.

Salie oefen tans by PHS onder die afrigting van Fredrick Romijn en Pierre Coetzee.

Hy neem ook deel aan atletiek, maar rugby bly steeds sy groot liefde.

Salie het ook raad vir die speler wat ‘n moeilike wedstryd speel.

“Jy moet altyd jou kop ophou, maak nie saak wat nie, moet nooit gaan lê

nie.

“Geniet jouself, gee jou beste en moet nooit kwaad word vir die span

nie, want dit gaan almal net negatief maak,” sê hy.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button