Bosveld NewsEditor's choiceNews

Aartjie na sy vaartjie op ‘n muurbalbaan

SY seun was kleintyd by wanneer hy in aksie was op die muurbalbaan en nou leer hy hom die fynere kunsies van die spel, sê Robert Abrahamse, pa van die jonge Janco wat die afgelope jaar op die muurbalbaan presteer.

MOKOPANE – SY seun was kleintyd by wanneer hy in aksie was op die muurbalbaan en nou leer hy hom die fynere kunsies van die spel, sê Robert Abrahamse, pa van die jonge Janco wat die afgelope jaar op die muurbalbaan presteer.
Janco (8) volg deesdae in Robert, se voetspore en vertel trots hy het sewe van die nege wedstryde onlangs gewen in die IPT muurbaltoernooi in Pretoria. Janco was deel van die Gauteng o/11-span.
Robert sê dit is n riem onder die hart om te sien hoe Janco deesdae gedy op die muurbalbaan en ook in rugby en krieket. Robert is die dorp se nommer een muurbalspeler daarom is dit geen wonder dat Janco ook nou in dié sportsoort presteer met kleinboet, Robert (6) wat nie ver agter is nie.
Robert sê hy geniet dit om Janco en Robert junior self touwys te maak, want benewens goeie hand- en oogkoördinasie leer muurbal ‘n mens ook dissipline, deursettingsvermoë en die belangrikheid van sportmanskap.
Hy het Janco in Februarie vanjaar ingeskryf om aan die Limpopo juniortoernooi deel te neem en dit is hier waar sy seun ‘n spoggerige tweede plek opgeraap het in die o/14-ouderdomsgroep.
“Janco het daarna in sy Limpopo kleure deelgeneem en is raakgesien deur die afrigters van die Gautengspan. Hy het toe op hul aanbeveling aan die Gauteng-Ope gaan deelneem en vierde in die o/11-afdeling geeïndig.” Kort daarna is Janco gekies om vir die Gauteng o/11-span aan die IPT-toernooi deel te neem.
Robert meen dit is belangrik om ‘n goeie balans te hou; daarom moedig hy sy seuns aan om al die sportsoorte waaraan hul deelneem, te geniet.

Janco Abrahamse (8) wys trots sy sertifikaat wat hy ontvang het as deel van die Gauteng o/11-span.
Janco Abrahamse (8) wys trots sy sertifikaat wat hy ontvang het as deel van die Gauteng o/11-span.
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button