Bosveld NewsNews

Wiskundemeesters knap hul kennis op

DRIE van Hoërskool Piet Potgieter se knap wiskunde onderwysers het van 29 Junie tot 1 Julie 'n wiskunde-kongres van die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde (V.A.W.) bygewoon.

MOKOPANE – DRIE van Hoërskool Piet Potgieter se knap wiskunde onderwysers het van 29 Junie tot 1 Julie ‘n wiskunde-kongres van die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde (V.A.W.) bygewoon en is reg om die kwartaal volstoom aan te pak.

Erndina Viljoen, Lientjie Venter en Carina Vorster het die kongres by die ATKV-Buffelspoort-oord bygewoon en hul kennis oor verskeie onderwerpe opgeskerp. Die tegnologie in die klaskamer en die maak van videos asook GeoGebra opleiding en klaskamerdissipline is in diepte bespreek en prakties toegepas, vertel Viljoen.

Die 111 wiskunde-onderwysers wat die kongres bygewoon het, is onder meer toegespreek deur die bekende dr. Kobus Neetling wat gepraat het oor heelbrein-wiskunde-onderwys. Prof. Gerrit Stols, Dawie Roodt, dr. Jaco Deacon van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS), en dr. Dirk Herman, van Solidariteit, was van die gassprekers tydens die kongres.

“Dit was ‘n besonderse ervaring en al 111 wiskunde-onderwysers is begeesterd terug na hulle skole,” sê ‘n gemotiveerde Viljoen, Venter en Vorster.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button