Bosveld NewsNews

Bejaardes vir 67 minute bederf met lekker kolwyntjies

DIE bejaardes van Piet Potgieter Monument Ouetehuis is Maandagoggend deur die nie-winsgewende organisasie, Legend Sport en Opvoedkundige Stigting, bederf met spog handgemaakte komberse en heerlike tuisgemaakte kolwyntjies.

MOKOPANE – DIE bejaardes van Piet Potgieter Monument Ouetehuis is Maandagoggend deur die nie-winsgewende organisasie, Legend Sport en Opvoedkundige Stigting, bederf met spog handgemaakte komberse en heerlike tuisgemaakte kolwyntjies.

Marietjie van Deventer, bestuurder van die organisasie, vertel aan Bosveld: “Dit is vir ons ‘n groot voorreg om terug te gee aan die gemeenskap. Daar is soveel gebrokenheid in die wêreld en ons wil graag ‘n positiewe bydrae lewer”. Die projek is een van vele uitreike ten bate van die 67 minute vir Mandeladag verlede Saterdag.

Die kreatiewe gehekelde komberse is met liefde gemaak deur vroue van Legend Golf & Safari-oord by die Entambeni Safari bewaarea en die talentvolle meisies van die Renoster-kinderhuis.

Die inwoners van die ouetehuis het dadelik die komberse oor hul bene gegooi terwyl hul heerlik aan die kolwyntjies gesmul het. “Ons is opreg dankbaar vir hierdie pragtige komberse en lekker bederf,” sê een van die inwoners met ‘n groot glimlag.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button