Skoonheid strewe na Mej SA-titel

Polokwane-skoonheid, Katryn Barwise kan met gesogte titels soos Miss Limpopo 2012, Miss Earth SA Fire 2013 en Miss Humanity International 2014 spog en het onlangs besluit om die groot stap te neem en vir die glansryke Mej Suid-Afrika skoonheidskompetisie in te skryf. Barwise, wat ook haar eie modelskool besit, is vasberade om die kroon huis …

Polokwane-skoonheid, Katryn Barwise kan met gesogte titels soos Miss Limpopo 2012, Miss Earth SA Fire 2013 en Miss Humanity International 2014 spog en het onlangs besluit om die groot stap te neem en vir die glansryke Mej Suid-Afrika skoonheidskompetisie in te skryf.
Barwise, wat ook haar eie modelskool besit, is vasberade om die kroon huis toe te bring soos wat Cindy Nell, ‘n voormalige inwoner van die stad, in 2002 gedoen het.
Sy sê Nell en ander Mej Suid-Afrika titelhouers soos Anneline Kriel, Basetsana Kumalo en die huidige Mej Wêreld, Rolene Strauss is vir baie mense ‘n inspirasie, soos vir haar.
“Ek het van jongs af na die kompetisie op televisie gekyk en daarvan gedroom om eendag self op daardie verhoog te staan. Dit is ‘n groot geleentheid en ek neem deel omdat ek weet ek kan soveel by die mededeelnemers
leer wat ek weer kan terugploeg in die stad met my modelskool. Dit sal definitief ‘n ervaring wees waarvan ek die herinneringe vir altyd sal koester.”
Barwise, wat ‘n passie vir modelwerk het, se visie met haar modelskool is om jong modelle in die stad se drome te help verwerklik.
Die donkerkop het verlede week ‘n professionele fotosessie gehad met die oog op haar inskrywing vir die gesogte kompetisie. Die eerste ronde vind van 22 tot 24 Augustus in Sandton plaas.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Exit mobile version