Kinders gesels oor Nelson Mandela

Review het met kleuters gesels om te hoor of hulle weet wie Nelson Mandela is en of hulle weet wat die werk van 'n president is.

LOUIS TRICHARDT – Nelson Mandela is op 18 Julie 1918 gebore. Hy was die eerste president van ‘n volledig-demokratiese Suid-Afrika. In 1999 is hy deur Thabo Mbeki opgevolg as president. Mandela was die president van die ANC vanaf Julie 1991 tot Desember 1997 en president van Suid-Afrika vanaf Mei 1994 tot Junie 1999.

Op 5 Desember 2013 het die huidige president van Suid-Afrika, Jacob Zuma, die land in treur gedompel met die nuus dat Mandela op 95-jarige ouderdom in sy huis in Johannesburg oorlede is.

Review het met kleuters gesels om te hoor of hulle weet wie Nelson Mandela is en of hulle weet wat die werk van ‘n president is.

 

Exit mobile version