Bosveld NewsNews

Planne vorder fluks vir deurnagstap

ELKE Relay For Life is daarop gemik om hulde te bring aan kankerpasiënte wat die stryd voer, asook die dapper helde wat met oorgawe geveg het en elkeen wat betrokke is by die versorging van 'n kankerpasiënt.

MOKOPANE – ELKE Relay For Life is daarop gemik om hulde te bring aan kankerpasiënte wat die stryd voer, asook die dapper helde wat met oorgawe geveg het en elkeen wat betrokke is by die versorging van ‘n kankerpasiënt.

Op 21 en 22 Augustus word die Mokopane Relay For Life by Hoërskool Piet Potgieter gehou en die gemeenskap word uitgenooi om saam te kom stap tot die son opkom.

Daar sal genoeg vermaak wees en ook eet- en drinkgoed om die saamkuier vir ‘n goeie doel die moeite werd te maak. Dit kos net R100 per persoon, met ‘n spesiale inskrywingsfooi van R50 vir kinders. Elke span moet 10 lede hê. Almal wat inskryf dra by tot Kansa se findsinsameling vir dienslewering en onderrig aan die gemeenskap.

Kontak Leon of Morné vir spanwerwing by 082 894 3045 of 082 461 3738. ‘Survivors’ kan ook gerus van hulle laat hoor deur vir Ansie by 084 880 9590 of vir Corrie by 082 719 1668 te bel.

Indien jy ‘n stalletjie wil beman of vermaak wil verskaf, kontak vir Monica by 083 231 7334.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button