Editor's choiceLocal NewsNews

Hannelie verloor kankerstryd

Sy was 'n liefdevolle mens wat ander graag gehelp het.

POLOKWANE – Sy was ‘n liefdevolle mens wat ander graag gehelp het.

Dit is hoe die 47-jarige Hannelie Hartman wat as ‘n eiendomsagent by Theo Goosen Eiendomme gewerk het se familie, vriende en kollegas haar sal onthou.

Hartman is twee jaar gelede met pankreas- en lewerkanker gediagnoseer en sy het Vrydagmiddag haar stryd teen kanker in die MediClinic Limpopo verloor.

Die vriendelike ma van twee het sewe jaar by Theo Goosen Eiendomme gewerk.

Hartman se kollegas sê hulle gaan haar glimlag, gewilligheid en hardwerkende geaardheid die meeste mis.

Haar man, Peet, sê sy vrou was ‘n wonderlike, goedhartige en vriendelike mens wat altyd gereed gestaan het om enige iemand te help.

“Sy was ‘n wonderlike vrou en baie lief vir haar kinders. Ons gaan haar so baie mis,” sê Peet.

Volgens Peet het Hannelie baie daarvan gehou om naaldwerk te doen in haar vrye tyd.

Hartman se roudiens sal vanmiddag (Donderdag) by die Hervormde Kerk in Middelburg om 14:00 gehou word.

Sy laat haar man, seun, dogter, moeder, twee susters en ‘n broer agter.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button