Eie Durban July vir dié ouetehuis se 50ste bestaansjaar

DIE Piet Potgieter Monument Ouetehuis het verlede Donderdag hul eie 'Durban July' gehou met 'n verskeidenheid diere van die Percy Fyfe dierebeskermingsverening (DBV), ter viering van hul 50ste bestaansjaar.

MOKOPANE – DIE Piet Potgieter Monument Ouetehuis het verlede Donderdag hul eie ‘Durban July’ gehou met ‘n verskeidenheid diere van die Percy Fyfe dierebeskermingsverening (DBV), ter viering van hul 50ste bestaansjaar.

Die inwoners het gesellig in die hitte van die oggendson gekuier en heerlik aan tuisgemaakte jaffels en soetsappige oliebolle gesmul terwyl die diere van die DBV jonk en oud se aandag geboei het.

“Ons loods ons eie ‘July’, sonder perde, maar met ‘n verskeidenheid van diere,” se Martie Venter, werknemer van die ouetehuis, tergend. Mariana van Tonder, bestuurder van die ouetehuis, bedank Marcelle Maritz, bestuurder van die DBV, vir die diere en hulp op die dag, asook almal wat in die pret kom deel het.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version