Louis verbeter elke dag

Louis Ungerer moes Maandag, 29 Junie weer na die Unitas hospitaal in Centurion gaan...

POLOKWANE – Louis Ungerer moes Maandag, 29 Junie weer na die Unitas hospitaal in Centurion gaan waar hy opgeneem is omdat hy ‘n hoë koors weens ‘n bakteriële infeksie ontwikkel het.

Hy is die afgelope naweek uit die hospitaal ontslaan. Dit was kort na die besoek wat Louis aan sy klasmaats en onderwysers gemaak het by Laerskool Pietersburg op Donderdag, 25 Junie.

Dié 13-jarige gr. 7-leerder van Polokwane veg teen leukemie. Andries Rheeder, ‘n vriend van die gesin, het aan Review vertel dat Louis die naweek by hom gaan kuier het en dat dit baie beter gaan met hom.

Janine Ungerer, Louis se ma, vertel dat hy dapper veg en dat sy en die dokters baie positief is dat hy weer in 2016 sal kan skoolgaan.

Louis is aan die begin van die jaar gediagnoseer met akute limfoblastiese leukemie en moes as gevolg van sy swak immuunstelsel drie maande van skool mis omdat hy baie gou moeg raak en nie aan enige kieme blootgestel kan word nie. Hy is tans in ‘n rus periode tussen behandelings en sterk baie goed aan.

Die hart van ‘n regte vegter

Exit mobile version