Gemeenskap voermassapatrollie in Limpopo uit

AfriForum het ʼn suksesvolle massapatrollie uitgevoer waarby Bela-Bela en Modimolle se veiligheidsnetwerke, SAPD en sekuriteitsmaatskappye betrokke was om misdaad te bekamp

LIMPOPO – AfriForum het ʼn suksesvolle massapatrollie uitgevoer waarby Bela-Bela en Modimolle se veiligheidsnetwerke, die SAPD en sekuriteitsmaatskappye betrokke was om misdaad te bekamp sê die persverklaaring op 14 Julie.

“Die massapatrollie het oor polisieklustergrense gestrek wat samewerking tussen polisiestasies teweeggebring het en meer as 500 mense het aan die patrollie deelgeneem. Wanneer gemeenskappe en die polisie saamwerk kan misdaad die nekslag toegedien word,” sê Morné Mostert, AfriForum se Limpopo-koördineerder.

Die doel van hierdie operasie was om:

“Gemeenskappe wat organiseer stuur die boodskap aan misdadigers dat hulle nie sal toelaat dat misdaad hul lewens regeer nie,” het Mostert gesê.

AfriForum voer suksesvolle massapatrolle in Limpopo uit.
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version