Local NewsNewsUpdate

Die jong PJ veg moedig voort

PJ van Dyk is op 8 Junie gebore met ‘n gaatjie in sy hart. 'n Sonar van sy hart het later ook vasgestel dat die hartkamers se pype verkeerdom is, wat veroorsaak dat die bloed en suurstof meng en hy nie genoeg suurstof kan kry nie.

POLOKWANE – PJ van Dyk is op 8 Junie gebore met ‘n gaatjie in sy hart. ‘n Sonar van sy hart het later ook vasgestel dat die hartkamers se pype verkeerdom is, wat veroorsaak dat die bloed en suurstof meng en hy nie genoeg suurstof kan kry nie. PJ is kort hierna oorgeplaas na die Steve Biko Hopsitaal.
“Dit gaan baie goed met PJ, hy moes in sy maag geopereer word aangesien ‘n blokkasie verhoed het dat die melk wat hy drink sy maag bereik.
“Dit het ondervoeding veroorsaak aangesien die melk heeltyd bly terugkom het,” vertel sy ma, Madelein van Vollenstee.
“Die dokters moes hom heeltyd op aarvoeding hou en hy het ‘n dreineringspypie in sy neus gehad wat maag toe gaan om als te dreineer.”
“Daar is verdere toetse gedoen waarna dokters besef het dat daar ‘n blokkasie in sy maag is. Een van sy derms was ook gedraai en daar was ook ‘n obstruksie wat soos ‘n web gelyk het. Die dokters moes opereer om die dermpie reg te draai en die obstruksie te verwyder. Die operasie was baie lank en na die operasie moes hy na die intensiewesorgeenheid toe gaan. Die dokters het gesê dat alles reg was na die operasie.”
PJ se ouers kon na die operasie slegs vir ‘n kort tydjie by hom wees omdat hy nog bietjie swak was en in die intensiewesorgeenheid was. PJ het nog lomerig gelyk van die narkose en daar was ‘n suurstofpyp om hom te help met asemhaling.
“Net toe ons by die motor kom, bel die dokter en sê ons moet teruggaan want dinge lyk nie goed nie. Toe ons daar aankom sê die dokter ons moet in sy kantoor wag.”
Hierna is die moeilike situasie verduidelik.
“Hulle moes vir PJ goed ingee om sy hart weer aan die gang te kry, want sy hart het gaan staan en PJ het amper sy laaste asem uitgeblaas. Die personeel het hom weer aan die lewe gekry en die dokter sê as hy dit maak dan is daar dalk ‘n kans dat hy gestremd kan wees. Ons het bly hoop en bid vir hom. Ons het nog ‘n ruk daar gesit en is maar later huistoe,” sê Madelein.
Die volgende dag toe Madelein en Wynand by die hospitaal kom, was PJ wakker en hy het beweeg. Hy moes nog ‘n paar dae in die intensiewesorgeenheid bly.
Daarna is hy na ‘n ander saal oorgeplaas waar babas versorg word na operasies.
“Hy is nogsteeds in die hospitaal, die dokters sukkel om die suurstof af te kry, maar ons word môre dalk oorgeplaas terug Polokwane toe sodat ons nader aan die huis kan wees.
“Dokters moet daar dan verder probeer om die suurstof af te kry. As hulle dit nie regkry nie, gaan hulle hom huis toe stuur met suurstof.”
Madelein sê dat PJ eers sy nodige hartoperasie kan ondergaan as hy 10kg weeg, iets wat vanweë sy hart tans moeilik bereikbaar is.
“Dit gaan baie goed met hom en die dokters is tevrede met hom,” sê Madelein.
Die familie het baie mediese uitgawes en enige persoon wat ‘n bydrae wil maak kan dit in die onderstaande rekening deponeer:
Rekeningnaam: Wynand van Dyk.
Rekeningnommer: 2411419635.
Bank: Nedbank.
Takkode: 141148.

Jong vegter wag vir operasie

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button