Bosveld NewsNews

Veldgidse se sterre skyn

STUDENTE wat die Bushwise veldgidsopleidingskursusse voltooi het, het deurlopend die afgelope sewe jaar van die beste resultate in die land behaal.

MOKOPANE – STUDENTE wat die Bushwise veldgidsopleidingskursusse voltooi het, het deurlopend die afgelope sewe jaar van die beste resultate in die land behaal.

In die pas-afgelope vlak 1 veldgidsopleidingskursus (FGASA –geakkrediteer) het ‘n groep van 29 kandidate dit weer gedoen en ‘n gemiddelde slaagsyfer van 90.76% behaal.

Sedert 2012 het Bushwise die hoogste nasionale gemiddelde resultate van al die geakkreditterde opleidingsverskaffers in die land vir die ses maande kursusse en langer behaal. Charles Delport, hoof-opleidingsbeampte van Bushwise sê oor ‘n tydperk van ses jaar van 2007 tot 2012 het 94% van Bushwise studente hulle FGASA vlak 1 eksamen geslaag.

“Dit is bemoedigend om te sien dat behalwe goeie resultate, talle van die studente werk kry by van die top safari-oorde in die land. Inderdaad is dit so dat 95% van ons Suid-Afrikaanse studente permanente poste in die bedryf kry na hulle uitplasing.”

Vir meer inligting besoek www.bushwise.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button