Dian sterk goed aan na ernstige motorongeluk

Hoërskool Pietersburg (PHS) gr. 11-leerder, Dian Basson, is sowat 45km buite die stad en sowat 5km vanaf sy ouerhuis op die Modjadjiskloofpad Maandag, 15 Junie, omstreeks 15:30 ernstig beseer.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) gr. 11-leerder, Dian Basson, is sowat 45km buite die stad en sowat 5km vanaf sy ouerhuis op die Modjadjiskloofpad Maandag, 15 Junie, omstreeks 15:30 ernstig beseer.

Dian ontvang tans rehabilitasie by die Muelmed Mediclinic in Pretoria en sterk goed aan. Volgens Jeanette Wewege Basson, Dian se ma, is vordering stadig maar Dian sien elke dag as ‘n nuwe uitdaging. Dian werk hard saam met die dokters om te herstel en weer ‘n normale lewe te kan lei. “Hy wil graag huistoe kom en ons mis hom ook by die huis, maar ons glo hy is een van die dae terug by ons en weer sy ou self,” vertel sy ma.

Volgens ‘n ooggetuie wat agter Dian op die Modjadjiskloofpad gery het, het dit gelyk of Dian vir iets in die pad uitgeswaai het waarna die voertuig gerol het.

Dian het verskeie beserings in die ongeluk opgedoen. Een van sy longe het platgeval, hy het frakture aan beide sy arms asook ‘n gebreekte wangbeen en bloeding op die brein.

Dian het reeds operasies ondergaan vir sy gebreekte hand en arm en hy is tans besig met rehabilitasie om te staan en loop. Die behandeling vir sy ander beserings was suksesvol en die bloeding op sy brein het ook heeltemal opgeklaar.

 

Dian Basson sterk steeds aan in hospitaal

Wense tot beterskap stroom in vir Dian Basson na ongeluk

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version