Local NewsNews

Verdagte in hof oor De Freitas-moord

Die man wat daarvan verdink word dat hy Saterdagoggend die 32-jarige Justin de Freitas met ‘n mes doodgesteek het, verskyn vandag (Donderdag) weer in die Polokwane Landdroshof op ‘n klag van moord. Paul Carr is Saterdag-oggend gearresteer nadat hy De Freitas vermoedelik met ‘n mes in die bors gesteek het na ‘n argument tussen die …

Die man wat daarvan verdink word dat hy Saterdagoggend die 32-jarige Justin de Freitas met ‘n mes doodgesteek het, verskyn vandag (Donderdag) weer in die Polokwane Landdroshof op ‘n klag van moord. Paul Carr is Saterdag-oggend gearresteer nadat hy De Freitas vermoedelik met ‘n mes in die bors gesteek het na ‘n argument tussen die twee mans ontstaan het.
Carr het tans ‘n strafbare manslag-saak hangende teen hom nadat hy na bewering ‘n voetganger in Middelburd doodgery het.
De Freitas, ‘n lid van ‘n plaaslike motorfietsklub het ‘n motorfietssaamtrek by by Soetdorings Buiteklub bygewoon toe die voorval gebeur het. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Carr het Maandag vlugtig in die hof verskyn, maar is borgtog geweier en sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.
Westenburg Polisiewoordvoerder, Mohlaka Mashiane het die voorval bevestig en gesê volgens inligting was beide partye op pad na hul voertuie toe die meningsverskil ontstaan het.
“Carr het na bewering ‘n mes uitgeruk en De Freitas in die bors gesteek,” sê Mashiane.
Sy vrou, Vicky het vir Justin as liefdevol en spontaan beskryf. “Hy was ‘n goeie pa en die perfekte eggenoot,” sê sy.
Benewens sy vrou laat hy sy dogter Loudene, en seuns Miguel en Tristan agter.
‘n Roudiens word môre (Vrydag) tussen 14:00 en 14:30 by Soetdorings gehou.
Motorfietsryers wat aan die massarit ter ere van De Freitas wil deelneem, moet teen 13:30 by Martin’s Funerals in Schoemanstraat bymekaarkom waarna die groep na Soetdorings sal vertrek.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button