Local NewsNews

Tops in vroueklub

By hierdie jaar se nasionale algemene jaarvergadering in Port Elizabeth het die Ladies Circle 4 van Louis Trichardt vyf van die nege trofeë verwerf.

LOUIS TRICHARDT – By hierdie jaar se nasionale algemene jaarvergadering in Port Elizabeth het die Ladies Circle 4 van Louis Trichardt vyf van die nege trofeë verwerf.

“Dit was ‘n groot voorreg om Ladies Circle 4 in Port Elizabeth te verteenwoordig saam met ons ondervoorsitter, Ciska Jansen van Vuuren,” sê Riana Otto, voorsitter van Ladies Circle 4.

Ladies Circle 4 het die volgende trofeë ontvang: Ladies Circle International Fundraising Day, LCSA membership, Spirit award, Circle of the Year award en Circler of the Year award.

Daar was slegs twee lede die vorige jaar, maar hulle het baie hard gewerk om die Ladies Circle 4 ‘n sukses te maak. “Ons het nou ses lede, daar is ook nog drie nuwelinge wat belangstel, ons noem hulle ‘pipe-liners’,” sê Riana.

Riana is ook nou verkies as Ladies Circle National Webmaster.

Enige iemand wat belangstel om liefdadigheid te doen of om ‘n bydrae te lewer kan vir Riana kontak by 084 400 9941.

Related Articles

Back to top button