Skooltaak verbreed hul horisonne

Vier leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede Woensdag en Donderdag by Eeufeeshuis gaan kuier en vir groot opwinding gesorg. Die graad 10-Pieties, Leandré Brandt, Lené van Reyneveld, Joharina Briers en Chanel Brown het hierdie besoeke as deel van ‘n praktiese lewensoriënteringstaak meegemaak. Om die taak suksesvol te voltooi, moes die leerders drie ure se …

Vier leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede Woensdag en Donderdag by Eeufeeshuis gaan kuier en vir groot opwinding gesorg.
Die graad 10-Pieties, Leandré Brandt, Lené van Reyneveld, Joharina Briers en Chanel Brown het hierdie besoeke as deel van ‘n praktiese lewensoriënteringstaak meegemaak. Om die taak suksesvol te voltooi, moes die leerders drie ure se gemeenskapsdiens verrig.
Hulle het die inwoners met soetgoed en bekersvol warmsjokolade bederf tydens hul uitreike en ook heerlik saamgekuier.
Die dinamiese groep se lede stem almal saam dat hulle daarvan hou om met mense te werk en graag ander wil help. Daarom het hulle besluit om hul gemeenskapsdiens by dié instansie te doen, om vir die inwoners te wys dat mense vir hulle omgee.
Lené sê dit was ‘n grootse ervaring vir die hele groep om te besef dat hulle ‘n verskil in ander se lewens kan maak.
“Op die ou einde is dit ons wat by hierdie kuiers baatvind en baie lewenslesse leer. Ons het net weereens besef hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.”
Mens is nooit te oud om te leer nie, het haar spanmaats saamgestem.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Exit mobile version