Reddingswerkers skerp vaardighede op tydens helikopteropleiding

Soek- en reddingspanne van die provinsiale nooddienste (EMS), polisie en Anglo American Platinum se Mogalakwena Myn het verlede week intense opleiding met ‘n weermaghelikopter in Polokwane ondergaan. Die opleiding is deur die polisie se soek- en reddingseenheidbevelvoerder, Wessie Wessels georganiseer en ongeveer 35 nooddienswerkers het dit bygewoon. Onder andere is die prosedures oor hoe om …

news18Soek- en reddingspanne van die provinsiale nooddienste (EMS), polisie en Anglo American Platinum se Mogalakwena Myn het verlede week intense opleiding met ‘n weermaghelikopter in Polokwane ondergaan.
Die opleiding is deur die polisie se soek- en reddingseenheidbevelvoerder, Wessie Wessels georganiseer en ongeveer 35 nooddienswerkers het dit bygewoon. Onder andere is die prosedures oor hoe om ‘n helikopter te benader, te betree en te verlaat terwyl die rotors draai, weer by hulle ingedril.
Polokwane Observer was aan boord die Oryx-helikopter terwyl drie spanne nooddienswerkers herhaaldelik opgetel en afgelaai is op verskillende plekke by die Polokwane Siviele Lughawe.
“Die noodienswerkers is toegerus met ‘n rugsak wat noodvoorraad bevat sowel as 48 uur-oorlewingspakke. Hulle moes leer hoe om die sakke in die helikopter te pak en weer vinnig uit te kry wanneer hul die helikopter verlaat. Hulle is ook uit die helikopter met ‘n kabel laat sak,” sê Wessels.
Van die lede is Donderdagaand na die Bewaarkloof Natuurreservaat waar gevorderde opleiding gedoen is.
“Die opleiding is nie net daarop gemik om vaardighede op te skerp nie, maar ook om vertroue in mekaar te bou. Daar moet ‘n band van vertroue wees tussen die vlieënier, helikopterbemanning en die reddingspan. Tydens ‘n reddingspoging lê jou lewe in die hande van jou kollega en wedersydse vertroue is een van die belang­rikste dinge wat ingeoefen moet word,” sê Wessels.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die polisie se soek- en reddingseenheidbevelvoerder, Wessie Wessels lei sy span na die helikopter.
Vlugingenieur Hanroh Nortjé maak seker ‘n nooddienswerker se harnas is veilig vasgemaak.
Exit mobile version