Local NewsNews

Tuinbouklublede gesels inheems, sop en sjerrie

Juniemaand se Tuinbouklubvergadering was effens anders as waaraan lede gewoond was: die geleentheid is gehou in Daan en Marie Schoeman se tuin, 'n lushof van inheemse bome.

POLOKWANE – Juniemaand se Tuinbouklubvergadering was effens anders as waaraan lede gewoond was: die geleentheid is gehou in Daan en Marie Schoeman se tuin, ‘n lushof van inheemse bome.

Met hul aankoms het elk lid ‘n glasie sjerrie gekry om hulle warm te maak op die koue wintersmiddag. In plaas daarvan dat daar een spreker was, kon klublede en gaste deur die tuin stap saam met Daan en Cornie Odendaal of Gideon Odendaal wat beide kenners van inheemse bome is.

Cornie het wel ook vertel van die bome van die jaar naamlik die Combretum Krausii (bosvaderlandswilg) en Heteromorpha Arborescens (pieterselieboom of wildepieterseliebos).

Lede het ook gehoor dat hulle ‘n boom nie nader as drie meter van ‘n gebou of plaveisel af moet plant nie.

“‘n Mens kan heel jaar kleur in jou tuin hê, beplan net wat om te plant deur te kyk wanneer die plant blomme dra,” vertel Daan. “Inheemse bome lok pragtige voëls en vlinders.” Gaste kon verder smul aan heerlike sop en broodjies.

‘n Middag in ‘n lushof vol Proteas

Tuinbouklublede leer meer oor daardie gezoem in die tuin…

Sonneblomme haat enige papierwerk

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button