DBV sê komitee nou aan die stuur

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Polokwane ondervind tans personeelskommelinge aangesien die bestuurder, Anton du Bruyn se kontrak onlangs gestaak is. Review het met Johann Loubser, voorsitter van die kommitee gesels om agter die kap van die byl te kom.

POLOKWANE – Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Polokwane ondervind tans personeelskommelinge aangesien die bestuurder, Anton du Bruyn se kontrak onlangs gestaak is. Review het met Johann Loubser, voorsitter van die kommitee gesels om agter die kap van die byl te kom.

“Op hierdie stadium kan ek geen inligting aangaande die saak aan die media verskaf nie. Alle inligting aangaande Anton se kontrak met die DBV is vertroulik en sal ek ons blootstel deur enige aspekte daaromtrent bekend te maak. Wat ek wel dink die publiek behoort te weet is dat Anton nie meer werksaam is by die DBV nie. Op die oomblik word die DBV deur die Bestuurs-komittee bestuur en sal ons ‘n besluit in die toekoms neem of die pos wel weer gevul gaan word.”

Loubser vertel verder dat daar nog baie verwikkelinge is waaroor hulle nie nou al kan praat nie. Die tweedehandse winkel is egter een van die nuwe verwikkelinge wat wel genoem kan word en wat goed vorder.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version