Engen Bendor, GlobeFlight hou bloedskenkkliniek

Op 'n koue en winderige Vrydag het Engen Bendor en GlobeFlight hul eerste bloedskenkkliniek saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) gehou.

POLOKWANE – Op ‘n koue en winderige Vrydag het Engen Bendor en GlobeFlight hul eerste bloedskenkkliniek saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) gehou.

As bedanking dat hulle geskenk het, is elke skenker met ‘n warm koppie drinksjokolade of koffie bederf en die kinders wat saam met hul ouers gekom het, kon smul aan heerlike roomys.

Daar is 20 eenhede geskenk en sewe skenkers is vanweë mediese redes verwys.

“Dit is baie goed vir ‘n eerste kliniek. Ons is baie dankbaar,” vertel Dottie Pinn, die bloedbank se skakelbeampte.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version