CrimeNews

Dorpswag gee veiligheidswenke

Die Soutpansberg Dorpswag het hierdie week statistieke bekendgemaak van voorvalle waarmee hulle gedurende hierdie maand gehelp het.

LOUIS TRICHARDT – Die Soutpansberg Dorpswag het hierdie week statistieke bekendgemaak van voorvalle waarmee hulle gedurende hierdie maand gehelp het.

Alhoewel hulle nie volgens wet verdagtes mag arresteer nie, kan hulle wel die perseel beveilig tot die polisie opdaag. In Junie is daar 77 oproepe na die dorpswag gemaak om insidente te rapporteer, waarvan 51 voorvalle aan die polisie oorgegee is.

“Ons werk saam die polisie om die gemeenskap veilig te hou,” sê Barend Lombaard, skakelbeampte van die Soutpansberg dorpswag.

Hy gee die volgende raad:

• Raak betrokke by die Soutpansberg Dorpswag, dit hoef nie finansieel te wees nie.

• Hou vensters toe en sluit deure. Dit is maklik vir misdadigers om toegang tot ‘n huis met oop vensters te kry, diefwering alleen is nie genoeg nie.

• Duidelik sigbare nommers van die huis op hekke of mure is baie belangrik, die huis word makliker opgespoor en die verdagtes word dus vinniger vasgekeer.

Die Makhado polisie het dié raad:

• ‘n Hoë draad met hekke wat gesluit is, is veiliger in die opsig dat verdagtes nie maklik daaragter kan skuil nie, maar wel agter hoë mure kan skuil.

• Diefwering, sekuriteitsdeure, sekuriteitshekke, lemmetjiesdraad, ektsra slotte op deure, sterk deure, loergaatjie in die deur en ‘n kamerastelsel by jou hek is ‘n paar items wat jou kan help beveilig.

• ‘n Alarmstelsel wat deur ‘n sekuriteitsmaatskappy kontroleer word help baie.

• Ligte buite die huis kan help om verdagtes makliker te sien.

• ‘n Hond buite die huis en dan ook ‘n kleiner op-en-wakker hondjie binne die huis dien ook as ‘n goeie ‘alarmstelsel’.

• Verander jou roetine elke dag, moet nie elke dag op dieselfde tyd by die huis kom nie.

• Nadat ligte in die aand af geskakel word, bly eers wakker, moenie dadelik slaap nie.

• Maak gordyne toe sodat die beweging in die huis nie maklik gesien kan word nie.

• Sny lang gras en en bebosde areas in jou erf. Moet nie vir misdadigers ‘n plek gee waar hulle kan wegkruip nie.

• Wanneer jy iemand in diens neem, neem ‘n foto en afskrif van hul identiteisdokument.

• Moenie enigiemand in jou erf toelaat nie.

Related Articles

Back to top button