Tommies samel geld in met geweer vir nuwe teer

Tydens samesprekings tussen Hillary Polokwane en die beheerliggaam van Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé het Hillary Polokwane 'n CSI befondsing van R100 000 beskikbaar gemaak vir die herstel van HTS Tom Naudé se skoolterrein teerpaaie.

POLOKWANE – Tydens samesprekings tussen Hillary Polokwane en die beheerliggaam van Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé het Hillary Polokwane ‘n CSI befondsing van R100 000 beskikbaar gemaak vir die herstel van HTS Tom Naudé se skoolterrein teerpaaie. Die skool moet dus slegs R80 000 betaal om die projek te finaliseer. Hillary Polokwane het ingestem om die SCI befondsingstydperk te verleng tot einde Augustus. HTS Tom Naudé het dus tot die einde Augustus om die R80 000 in te samel.

Die skool se paaie is die afgelope 30 jaar stuk-stuk herstel deur hul eie faktotum en die tyd het aangebreek om die pad ten volle te herstel. Slaggate, krake en boomwortels skep ‘n swak indruk van die skool vir almal wie die terrein betree. Tommies se jaarlikse kaskar edren is deel van die skool se kultuur en vind op die teerpad plaas.

Die pad vorm dus ook deel van die skool se trots.

“Die pad is deel van ons personeel en leerders se leefarea. Die meerderheid van hul tyd word op skoolterrein spandeer. Ons wil die beste vir ons leerders en personeel bied,” vertel Luhann Schoeman, korporatiewe bestuurder by HTS Tom Naudé.

Die skool verkoop tans kaartjies teen R100 ‘n kaartjie; ‘n .243 Marken jaggeweer kan gewen word.

Dié geweer is deur Marlen Industrieë gedurende die reüniefees vroeër die jaar geskenk. Onder leiding van Piet Holtzhausen, die nuwe waarnemende skoolhoof, sal die projek ‘n nuwe baadjie vir HTS Tom Naudé besorg.

Die werksaamhede op die terrein sal aantree-, toegang- en parkeerareas beïnvloed. Die skoolbestuur sal briewe, digitale kennisgewings en rigtingaanwysers beskikbaar maak alvorens die werksaamhede op die terrein plaasvind.

“Alle nodige veiligheidsmaatreëls word in plek gebring om ons leerders, personeel en besoekers se veiligheid te verseker,” sê Holtzhausen.

Vir meer inligting oor die befondsingsprojek kan Piet Holtzhausen, Hein Spann (beheerliggaamprojekleier) of Lohann Schoeman (korporatiewe bestuurder) gekontak word.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version