Bosveld NewsNews

Nóg ‘n selfmoord

DIE gemeenskap van Mokopane en Mookgophong is in rou gedompel na die dood van 'n matriekleerder wat haarself in haar koshuiskamer gehang het.

MOKOPANE – DIE gemeenskap van Mokopane en Mookgophong is in rou gedompel na die dood van ‘n matriekleerder wat haarself in haar koshuiskamer gehang het.

Mihandri Laboff (17), ‘n leerder van Hoërskool Hans Strijdom, het selfmoord gepleeg enkele maande nadat haar neef, Anton de Vos, homself ook gehang het in sy woonstel in Mokopane. ‘n Foto van haar neef het in haar koshuiskamer teen die muur gepryk.

Magda de Vos, ma van Anton en tannie van Mihandri, het hartverskeurend aan Bosveld gesê sy is nog besig om die dood van haar seun te verwerk toe die nuus aan haar oorgedra is.

“Mimi was so ‘n borrelende kind. Ek het nie woorde nie, my hart is nog rou oor Anton en nou sy.”

Mihandri was ‘n depressielyer wat mediese behandeling ontvang het en die skool het ook toegesien dat sy weekliks by ‘n sielkundige berader uitkom vir hulp, sê die hoof, George Klopper.

“Die Hansievlag hang halfmas in ons harte. In die stadium is die redes onbekend. Mihandri het nie vir ete aangemeld nie en die koshuismoeder het toe ondersoek gaan instel. Haar kamerdeur was gesluit.

Die koshuismoeder het dit oopgesluit en op haar afgekom.”

Klopper sê haar ouers is in kennis gestel en sielkundige en pastorale hulp is ook aan die leerders en betrokkenes verleen.

Die koshuis is Maandagaand ontruim en die kinders is na hul huise of na ander ouers in die omgewing geneem. Sielkundige hulp is steeds beskikbaar vir al die leerders en onderwysers. Die polisie ondersoek die saak.”

Die skool was Dinsdag gesluit en die leerders is in kennis gestel dat hulle na die skoolvakansie eksamen kan aflê in die vak wat hulle sou geskryf het.

Mihandri se begrafnis vind plaas Saterdagoggend om 10:00 vanuit die Ou Apostoliese kerk in Ruiterweg, Mokopane.

Anton de Vos (22), neef van Mihandri Laboff. Anton het homself in Maart vanjaar in sy woonstel gehang.
Anton de Vos (22), neef van Mihandri Laboff. Anton het homself in Maart vanjaar in sy woonstel gehang.

‘Sy het uitgesien na die naweek wat voorlê’ Johan Laboff, pa van Mihandri

Gesin in rou na Anton se heengaan

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button