Local NewsNewsUpdate

Mini-gholf, ‘n leeuwelpie en hope pret vir Charnique

Op Saterdag, 22 Junie het Charnique se familie en vriende 'n minigholfdag gehou waartydens geld ingesamel is om die hospitaalrekeninge te vereffen.

POLOKWANE – Vroeër in die maand het Review berig oor Charnique van Heese wat vroeg Mei reeds in die hospitaal opgeneem is met dubbele longontsteking en asma. Tydens haar behandeling is vasgestel dat een van haar hartkleppies nie heeltemal toe is nie en dat haar hartjie daarom nie sterk genoeg is om die infeksie te bestry nie.

Daar is gereeld vir haar lewe gevrees en sy is onder sedasie gehou omdat haar hart nie die verhoogde druk kon hanteer nie.

Charnique is intussen oorgeplaas na die Steve Biko Hospitaal in Pretoria waar sy tans op die waglys is vir ‘n operasie.

Op Sondag, 23 Junie, het Charnique se toestand weer versleg en is sy weer in die intensiewesorgeenheid opgeneem.

Sy sukkel met asemhaling en die dokters kan nie opereer voor sy nie beter asemhaal nie. Teen Dinsdagoggend was Charnique se toestand steeds stabiel en het die dokters begin praat om haar van die masjiene af te haal.

“Sodra sy sonder die asemhalingsmasjiene regkom, sal hulle besluit wanneer om die operasie te doen. Dit moet redelik vinnig gebeur aangesien haar hart aanhou swel. Sy is steeds in intensiewe sorg, maar stabiel,” vertel haar pa, Pieter van Heese. Op Saterdag, 22 Junie het Charnique se familie en vriende ‘n minigholfdag gehou waartydens geld ingesamel is om die hospitaalrekeninge te vereffen.

Die dag is by Villa Maroela Lodge gehou en is goed ondersteun.

Daar baie spanne wat deelgeneem het en die Suikerbos Dansorkes het gratis musiek verskaf vir die dag.

“Waar anders kan ‘n mens minigholf speel terwyl daar ‘n witleeuwelpie op die baan rondlê?” vra Rob van Heese, Charnique se oupa.

Die familie wil net ook vir almal bedank wat Saterdag betrokke was. “Ons waardeer dit opreg en het die dag so geniet saam met goeie mense wat geweet het vir watter goeie doel dit was. Ons wil ‘n spesiale dankie sê aan Villa Maroela Lodge en Trudie de Beer vir al hulle hulp en die tref van reëlings vir die dag en dat ons dit by julle kon hou. Nog ‘n groot dankie aan my pa, Charnique se oupa, want sonder hom was niks moontlik nie.

“Dankie vir elke boodskap, geskenkie, donasie, bystand en hulp, dit word so baie waardeer en woorde gaan nooit kan sê hoe baie nie. Ons het wonderlike engele in ons lewens en Charnique sal sien hoe spesiaal sy is as sy weet hoe baie mense agter haar gestaan het en saam haar in gees is. “Ons sê ook dankie aan elke borg wat ‘n putjie of pryse geborg het. Dit word opreg waardeer,” sê Marina van Rooyen, Charnique se tannie.

Die familie bedank ook die Suikerbos Dansorkes vir hul bydrae tot die dag.

Klein Charnique kry moontlik binnekort ‘n hartoperasie by Steve Biko Hospitaal

Charnique het gemeenskap se hulp nodig

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button