Bosveld NewsNews

Depressie eis nog ‘n jong lewe

'Sy het my twee keer gegroet en uitgesien na die naweek wat voorlê' - Johan Laboff, pa van Mihandri

MOKOPANE – Hy het haar Maandagoggend by die skool afgelaai en daar was niks fout nie.

Sy het hom twee keer gegroet en uitgesien na die naweek wat voorlê, sê Johan Laboff, pa van Mihandri, wat haarself Maandag met ‘n gordel in haar koshuiskamer gehang het.

Johan sê Mihandri (17) het met depresssie gesukkel en het haarself die afgelope twee weke al hoe meer ontrek.

Hy en sy vrou, Magda, het geglo dit was weens die spanning van die eksamen, want Mihandri was eintlik ‘n grapjas en het altyd die goeie in almal gesien.

Sy sou op 15 Julie weer die sielkundige gesien het en het nie enige medikasie vir depressie gebruik nie. Volgens Johan het ‘n vriendin op haar liggaam afgekom en toe die koshuismoeder gaan roep.

Die skool het hom Maandag laatmiddag gebel met die skoknuus.

“Sy het nie ‘n brief nagelaat nie en haar dood is vir ons gesin en familie geweldig hartseer,” sê Johan.

Nóg ‘n selfmoord

Related Articles

Back to top button