Local NewsNews

Country-mandjiedans vir Klouter Kabouter kleuters

Klouter Kabouter Kleuterskool het Vrydag, 19 Junie 'n mandjiedans aangebied by Laerskool Levubu.

LEVUBU – Klouter Kabouter Kleuterskool het Vrydag, 19 Junie ‘n mandjiedans aangebied by Laerskool Levubu.

Die dans is gereël deur Klouter Kabouter Kleuterskool as fondsinsameling vir die skool. Dit was ‘n aand wat die hele gesin kon geniet, mense was gereed met hulle mandjies waarin hulle drinkgoed en hul vleis was, die bykosse en vure is deur die skool voorsien. Die tema vir die dans was ‘Country’ en mense het geleentheid gehad om pragfotos in die opgemaakte ingangsportaal geneem.

Springkastele het die kinders vermaak terwyl die ouers kon skoffel, die aand was ‘n reuse sukses en die kleuterskool bedank almal wat die aand bygewoon het en wat betrokke was by die reëlings.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button