Editor's choiceLocal NewsNews

Klein Charnique kry moontlik binnekort ‘n hartoperasie by Steve Biko Hospitaal

"Dit gaan baie beter met haar en tot dusver is sy nog stabiel. Sy is baie rustiger vandat sy by die huis saam met haar ouers is," vertel Marina van Heese, Charnique se tannie.

POLOKWANE – Op Dinsdag, 9 Junie, het Review vertel van Charnique van Heese wat op ses maande in die hospitaal opgeneem is met dubbele longontsteking en asma. Tydens haar behandeling is vasgestel dat een van haar hartkleppies nie heeltemal toe is nie en dat haar hartjie nie sterk genoeg is om teen die longinfeksie te stry nie.

Charnique is op 10 Junie uit die hospitaal ontslaan om by die huis gemonitor te word en daar aan te sterk vir die operasie.

“Dit gaan baie beter met haar en tot dusver is sy nog stabiel. Sy is baie rustiger vandat sy by die huis saam met haar ouers is,” vertel Marina van Heese, Charnique se tannie.

“Sy kry op die oomblik hartmedikasie en nog vyf ander medisynes ook om haar gesond te maak. Sy is ook op asmapompies vir haar asma.”

Die familie het op Maandag, 15 Junie gehoor dat daar vir haar ‘n plekkie is in Steve Biko Hospitaal in Pretoria waar sy Vrydag, 19 Junie opgeneem sal word. Die operasie sal dalk dieselfde dag of dalk eers oor die naweek plaasvind.

“Sy veg nog al die pad en ek weet dat sy gaan aanhou, maar die arme lyfie is al deur so baie, ons hoop en bid dat hierdie die laaste sal wees sodat sy 100% gesond kan word,” sĂȘ Van Heese.

Van Heese vertel dat die dokters en susters by Mediclinic Limpopo baie moeite gedoen het en dat Charnique net vier dae in die intensiewe sorgeenheid was. Daarna was sy vir twee dae in ‘n gewone saal en is toe ontslaan.

“Ons samel nogsteeds geld in om haar hospitaalrekening te betaal en indien daar enige iemand is wat kan help, kan hulle my Pa, Rob, gerus skakel by 082 569 0828.

“Baie dankie vir almal se hulp, bydrae en gebede, dit word opreg waardeer en sonder dit sou ons haar nie die behandeling kon gee wat sy gekort het nie. Die dokters het wonders verrig in net ‘n week.”

Charnique het gemeenskap se hulp nodig

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button