Dendron hou basaar in Polokwane

Vroeg Saterdagoggend is daar 'n paar brawe ooms en tannies wat nie net die N.G. Noord-gemeente se saal en kombuis oopsluit nie, maar ook die vure aansteek en die water begin kook.

POLOKWANE – Vroeg Saterdagoggend is daar ‘n paar brawe ooms en tannies wat nie net die N.G. Noord-gemeente se saal en kombuis oopsluit nie, maar ook die vure aansteek en die water begin kook. Dit is immers die dag waarop N.G. Dendron se basaar by N.G. Noord in Polokwane plaasvind. Spoedig het die vure geknetter en die geur van vars koffie en soet pannekoek die lug gevul.

Daar was ‘n weie verskeidenheid items te koop aangebied, ‘n heerlike vars plaasontbyt, handgemaakte items en regte basaar poeding. Om nie te praat van die heerlike tuisgebak en warm kos en vars groente nie. Die pannekoektafel was gewild onder oud en jonk en gaste kon nie genoeg kry van die braaivleis nie. Die kinders kon baljaar op die springkasteel of hulle gesigte laat verf soos hul gunsteling televisiekarakters.

“Die atmosfeer hier is heerlik. Die groente is goedkoop en ek kuier te heerlik,” vertel Miempie de Wit, een van die basaarganers.

“Ons hou die basaar jaarliks, al vir die afgelope vier jaar. Dit is heerlik om saam N.G. Noord te werk en sodoende ons bande te versterk. Ons is ook baie dankbaar teenoor die N.G. Noord-gemeente dat ons van hul geriewe kan gebruik maak,” vertel dominee Etienne van Staden.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version