Dié kant toe!

SKAARS 'n baksteen hoog en nog onseker watter kant toe daar gespeel moet word met die bal, het talle jong bulletjies en mini-netbalspelers verlede Saterdag op Laerskool Krugerpark se sportvelde bymekaar gekom vir 'n skouspel soos min.

MOKOPANE – SKAARS ‘n baksteen hoog en nog onseker watter kant toe daar gespeel moet word met die bal, het talle jong bulletjies en mini-netbalspelers verlede Saterdag op Laerskool Krugerpark se sportvelde bymekaar gekom vir ‘n skouspel soos min.

Altesaam 12 skole van die omgewing se jong bulletjies kon op die verskeie mini-rugbyvelde hul slag wys.

Pa’s en ma’s het ewe hard van die kant saamgespeel en aangemoediging gebied.

Op die netbalbane het die juniorspanne teen mekaar kragte gemeet, daar is opgewonde verdedig, bal gevang en doel gegooi met ouers wat grootoog en luidkeels die meisies met raad ondersteun het.

Die Krugies se skoolhoof, Johan Vertongen en sy knap personeel verdien as gasheerskool ‘n pluimpie vir ‘n goed- georganiseerde dag van sport en samesyn langs die velde en bane. Hierby foto’s van die dag se pret.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version