Kruinies hou blink kant bo

Curro Heuwelkruin se leerders het deelgeneem aan die Bosveld Kunsfees in Mokopane vanaf 11 tot 15 Mei asook die Tzaneen Eisteddfod van 4 tot 9 Mei.

POLOKWANE – Curro Heuwelkruin se leerders het deelgeneem aan die Bosveld Kunsfees in Mokopane vanaf 11 tot 15 Mei asook die Tzaneen Eisteddfod van 4 tot 9 Mei. Sewe van die 13 spreekkore is as afdelingwenners aangewys. Daar was drie klein dramagroepe en baie individuele items, altesaam het die leerders in 148 items deelgeneem. Die skool het 38 A+++ verwerf, 58 A++ verwerf, 43 A+ verwerf, 12 A’s verwerf en twee B+ verwerf.

“Die leerders het ware Kruinie-gees van volharding en uitnemendheid laat seëvier. Ons leerders het skitterend gevaar en hul harde werk, talent en entoesiasme is ryklik beloon,” vertel Eben Lingenfelder, uitvoerende hoof van Curro Heuwelkruin.

Die spreekkore het ses trofees huistoe gebring.

Die resultate is as volg:

• Gr. R moedertaal verwerf 90% gemiddeld vir spreekkoor.

• Gr. R en gr. 1 nie-moedertaal verwerf 90% gemiddeld vir spreekkoor.

• Gr. 1 moedertaal verwerf 95% gemiddeld vir spreekkoor.

• Gr. 2 en gr. 3 moedertaal verwerf 90% gemiddeld vir spreekkoor.

• Gr 2, gr. 3 en gr. 4 nie-moedertaal verwerf 93% gemiddeld vir spreekkoor.

• Gr. 5 moedertaal verwerf 93% gemiddeld vir spreekkoor.

• Gr. 6 moedertaal verwerf 98% gemiddeld vir spreekkoor.

• Gr. 7 moedertaal verwerf 95% gemiddeld vir spreekkoor.

Die Kruinies stap ook weg met vyf Bosveld Kunsfees Wisseltrofeë:

• Carie Lombard en Lara-Lisa Senekal verwerf 95% vir beste junior samespraak.

• Charné Hartley en Nikita Stoltz verwerf 96% vir beste senior samespraak.

• Lené van As verwerf 96% vir beste senior monoloog.

• Lené van As verwerf 96% vir beste bladlees gr. 4 – gr. 5 verwerf

• Francois van Wyk verwerf 94% vir beste bladlees gr. 6 – gr. 7.

Graadwenners is as volg:

• Gr. R – Mienke Blignaut.

• Gr. 1 – Mia Meyer.

• Gr. 2 – Carie Lombard en Lara-Lisa Senekal.

• Gr. 3 – Jeané Scheepers.

• Gr. 4 – Kayla Muller.

• Gr. 5 – Carla Breytenbach en Lené van As.

• Gr. 6 – Dorijke du Toit.

• Gr. 7 – Francois van Wyk en Reinhardt Breytenbach.

Dorijke du Toit is aangewys as Kruinie-kultivaria vir 2015. Sy het deelgeneem aan 13 items en nege A+++ en vier A++ toekennings tydens die Bosveld Kunsfees en die Tzaneen Eisteddfod verwerf. Sy verwerf ook een goud en twee diamant toekennings.

Op Donderdag, 28 Mei, het die leerders ‘n gala-aand aangebied om hulle talente ten toon te stel vir die ouers en vriende wat nie hul vertonings kon bywoon nie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version