Local NewsNews

Skenk jy bloed en ken jy jou bloedgroep?

Junie is Bloedskenk-maand en op 14 Junie word Wêreld Bloedskenkdag gevier. Review het met inwoners gaan gesels om te hoor of hulle bloedskenk en of hulle weet wat hul bloedgroep is.

POLOKWANE – Junie is Bloedskenk-maand en op 14 Junie word Wêreld Bloedskenkdag gevier. Review het met inwoners gaan gesels om te hoor of hulle bloedskenk en of hulle weet wat hul bloedgroep is.

Yasmeen Coenraad vertel dat alhoewel sy weet wat haar bloedgroep is, skenk sy nie bloed nie. “Ek het lae bloeddruk en daarom kan ek nie bloedskenk nie. Ek hoop dat ek nooit bloed sal nodig kry nie.”

Mirna Lourens.
Mirna Lourens.

Mirna Lourens vertel dat sy ook hopelik nooit bloed sal nodig kry nie. “Ek ken my bloedgroep, maar vind dit moeilik om tyd te kry om te skenk.”

Rynardt van Zyl.
Rynardt van Zyl.

Rynardt van Zyl is ‘n rugbyspeler en voel dat hy genoeg bloed op die rugbyveld skenk gedurende sy wedstryde en dus nie nodig het om te skenk nie. Hy weet ook nie wat sy bloedgroep is nie, maar is doodseker dat hy wel eendag bloed sal nodig kry.

Ntabiseng Madisha.
Ntabiseng Madisha.

“As gevolg van kulturele en persoonlike redes skenk ek nie bloed nie, maar ek weet wat my bloedgroep is. Ek glo ook ek sal nie eendag bloed nodig kry nie,” vertel Ntabiseng Madisha.

Jonas Mailula.
Jonas Mailula.

Jonas Mailula vertel dat hy weet wat sy bloedgroep is, maar dat hy nie bloedskenk nie. “Ek het nog nooit ‘n plek gesien om te skenk nie, as ek weet waar die sentrums is, sal ek graag bloedskenk.”

Hendrik Poerstamper.
Hendrik Poerstamper.

Hendrik Poerstamper is trots om te sê dat alhoewel hy nie weet watter bloedgroep hy is nie, skenk hy gereeld bloed met die oog daarop om ander te help.

Loula Smit.
Loula Smit.

Loula Smit kan nie bloedskenk nie, omdat sy medikasie gebruik wat haar bloed onveilig maak. Sy glo nie dat sy ooit bloed sal nodig kry nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het elke dag 3 000 eenhede bloed nodig om aan die aanvraag te voldoen. Hoe meer gereeld ‘n mens skenk, hoe groter is die kans dat jou bloed veilig is.

Kom skenk bloed en red ‘n lewe. Daar sal ‘n bloedskenkkliniek by Savannah Mall in die Banking Mall wees van 13 tot 16 Junie.

 

SANBS informs during blood drive controller function

Blood donor educator Sello shares his story

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button