Local NewsNews

Vryburgers skenk vrylik aan stad se Koningskinders

Koningskinders is 'n nie-winsgewende organisasie wat hulle daarop toespits om gesinne in die gemeenskap te help wat sukkel.

POLOKWANE – Sy sit elke dag langs jou seun in die klas of haar ma werk dalk saam met jou.

Jy weet nie veel van hulle nie, net dat hulle nie vermoënd is nie. Jy weet dat dit ‘n enkelmamma is met drie jong kinders wat dalk finansieel sukkel. Wat jy nie weet nie, is dat hulle deel is van Koningskinders.

Koningskinders is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle daarop toespits om gesinne in die gemeenskap te help wat sukkel.

“Hierdie kinders bly by hul ouers en emosioneel gaan dit goed, maar daar is finansiële probleme. Ons help hulle dus en neem nie net die kinders weg van hul ouers af nie,” vertel Christa van der Linde, maatskaplike werker. In Oktober neem ons 80 kinders op ‘n kamp vir ‘n paar dae waar ons hulle gaan bederf en ‘n bietjie menswaardigheid gaan gee. Hier leer ons hulle ook tafelmaniere en van Jesus.”

Gedurende die Junie-Julie skoolvakansie gaan daar opleidingsessies aangebied word vir ouers waar hulle gaan leer wat om in moeilike situasies te doen. Terwyl die ouers leiding kry, gaan gr. 10-leerders van Hoërskool Pietersburg die kinders besig hou as deel van hul Ubuntuprojek.

Die Vryburgers hou jaarliks ‘n groot wynveiling. Geld wat hulle dan insamel gee hulle aan instansies wat dit nodig het. Hulle het besluit om ‘n deel van die geld aan die Koningskinders te skenk.

“Dit is lekker om te kan gee, maar ons voel nie goed dat ons nie meer kan doen nie,” vertel Sybrand van Reede van Oudtshoorn, een van die Vryburgers. “ons is baie bevoorreg om te kan help.”

Christa vertel die geld wat hulle ontvang het, gaan vir die kamp aangewend word.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

 
Back to top button