NewsSchools

Mooiste van die mooistes van Triegieland tydens spoggeleentheid met Hollywoodtema gekroon

Hoërskool Louis Trichardt het op 28 Mei hul jaarlikse Mnr. en Mej. Triegie-kompetisie aangebied met ‘n Hollywoodtema.

LOUIS TRICHARDT – Hoërskool Louis Trichardt het op 28 Mei hul jaarlikse Mnr. en Mej. Triegie-kompetisie aangebied met ‘n Hollywoodtema.
Die saal was propvol leerders en ouers, en almal het in spanning gewag om te sien wat die 16 finaliste op die verhoog gaan doen.
Die deelnemers het die gehoor eerste vermaak met hul informele afdeling se vertoning waar hulle soos bekende sangers, onder andere Chris Brown, Shania Twain, Tina Turner, Lady Gaga, Beyonce, Madonna, en Elvis opgetree het. Na ‘n kort pouse het die deelnemers ‘n tema optrede gedoen: country meisies, weermag meisies en ruimtevaarders was ‘n paar van die temas wat uitgebeeld is.
Na al die wonderlike opvoerings het die groot oomblik aangebreek waarvoor almal gewag het, die formele optrede waar elkeen ‘n kans gekry het om uit te haal en te wys. Pragtige rokke, oorpakke en liefde was in die optrede duidelik te sien.
Terwyl die beoordelaars besluit het wie gekroon gaan word het Jacques Mouton, ‘n plaaslike sanger, die gehoor vermaak met van sy eie liedjies.
Wynand Mouton en  Mariese Smit is Mnr. en Mej. Triegie 2015; Jaks Cronje en Rofenya Ratombo was as Mnr. en Mej. Persoonlikheid gekroon, Donovan Pretorius en Madzanga Mutshinya tweede prins en prinses, Chris Knoesen en Marli Muller eerste prins en eerste prinses.

Mariese Smit, Mej. Triegie 2015 en Wynand Mouton, Mnr. Triegie 2015.
Mariese Smit, Mej. Triegie 2015 en Wynand Mouton, Mnr. Triegie 2015.

MEER FOTO’S

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

 
Back to top button