Bosveld NewsNews

Saam-saam beveg hulle misdaad só

"Ons bied hoofsaaklik ons dienste in die Limpopo aan, maar daar waar hulp gevra word en indien binne ons vermoë sal ons hulp verleen" Vossie Vosloo een van die lede van die Spoorsnyers

MOKOPANE – DIE alombekende Spoor-snyers sinoniem met puik en flinke diens bestaan uit ‘n groep van vyf mans wat se hoofdoel is om die krimenele element uit die samelewing te verwyder.

Die groep bestaande uit ou reaksiemaglede wat vroeër jare in die komando gedien het, het reeds in die 1990’s ontstaan. Toe die behoefte vir die bekamping van plaasaanvalle duidelik kop uit gesteek het. Al die lede het indiepte spoorsny opleiding ondergaan en met hul ondervinding as reaksiemaglede is dit tot geen verbasing dat hulle ‘n sukses syfer van 93 % het nie.

“Ons word hoofsaaklik uitgeroep vir hulp wanneer ‘n plaasaanval geskied om die area vir spore en leidrade fyn te kam, maar ons bied ook hulp by tonele waar renosterstropery plaas gevind het en by moord en rooftonele,” sê Vossie Vosloo een van die lede van die Spoorsnyers.

Vosloo vertel dat elkeen van die lede uitblink in ‘n spesifieke veld wat lei tot suksesvolle samewerking en ‘n gedigte span wat puik resultate oplewer.

“Ons bied hoofsaaklik ons dienste in die Limpopo aan, maar daar waar hulp gevra word en indien binne ons vermoë sal ons hulp verleen. Ons het al tonele fyngekam in Mpumalang, Gauteng en selfs in die Vrystaat,” sê Vosloo.

Die Spoorsnyers sien hierdie as hul lief-dadigheidsprojek aangesien hul nie ‘n inkomste verdien vir hul dienste nie, hul maak gebruik van hul eie voertuie en apparaat.

Vosloo is ook die eienaar van Scorpion sekuriteitsmaatskappy in Mookgophong en borg meeste van die toerusting.

Vosloo sê, “Die hoofrede waarom ons ‘n passie het vir wat ons doen en graag hulp bied is omdat ons misdaad haat! Dit is vir ons van kardinale belang om die kriminele element uit die samelewing te verwyder sodat ons almal ‘n rustige voortbestaan kan hê en ‘n land skep waarin ons kinders en kleinkinders in vrede kan leef.” Die Spoorsnyers werk onder die Limpopo-polisietaakspan onderleiding van Kol Sakkie Lourens.”Saam werk ons hand aan hand om die kriminele vas te trek,” sê Vosloo.

“Die afgelope twee weke was daar ‘n daling in die misdaadsyfer, spesifiek in die geval van plaasaanvalle, moord en roof en renosterstropery, maar soms ry ons van die een misdaadtoneel na die volgende. Wanneer ons op ‘n toneel verskyn is ons dadelik bewus van die risiko en gevaar wat daarmee gepaard gaan, maar ons is gerat en ons glo en belei dat ons die Vader se wapenrusting dra.”

Indien iemand ooit die slagoffer is van die bogenoemde misdaad en van die Spoorsnyers se dienste wil gebruik maak of vir verdere inligting kontak vir Vossie Vosloo op 082 326 6506.

Related Articles

Back to top button