Bosveld NewsNews

Trompoppies pluk die vrugte van harde werk tydens Day of Stars

DIE Krugies se pragtige trompoppies het verlede Saterdag op eie bodem tydens die Day of Stars kompetisie die vrugte van hul harde werk gepluk.

MOKOPANE – DIE Krugies se pragtige trompoppies het verlede Saterdag op eie bodem tydens die Day of Stars kompetisie die vrugte van hul harde werk gepluk.

Die vlaggroep het ‘n vierde plek behaal, die throwing prop groep ‘n tweede plek, die pom/nonprop groep ‘n tweede plek, die small drill ‘n tweede plek, die hoofleidster ‘n tweede plek en die die subleidsters ‘n welverdiende eerste plek. Die large drill het ‘n tweede plek ingepalm, die hoofleidster ‘n eerste plek, die subleidsters ‘n tweede plek en die vlaggroep het koning gekraai met ‘n eerste plek.

Martie Viljoen, afrigter, bedank al die ouers en borge vir hulle ondersteuning en hulp op die dag.

Die trompoppies nooi ook die gemeenskap uit om hulle te kom ondersteun op 13 Junie tydens die provinsiale kompetisie by die Peter Mokaba Stadion in Polokwane.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button