VIDEOS: Stad se top skoolkore sing by streekskompetisie

Die kompetisie het by Hoërskool Pietersburg se skoolsaal plaasgevind waar elke koor die kans gehad het om drie tot vier liedere te sing om die beoordelaars te beïndruk.

POLOKWANE – Die ATKV Applous Koorkompetisie is ‘n nasionale koorkompetisie vir hoër- en laerskole in Suid-Afrika. Die primêre doelstelling van die kompetisie is die bevordering van die Afrikaanse liedere en jeugkoorsang.

Op Maandag, 25 Mei het ses skole aan hierdie kompetisie deelgeneem: Laerskool Krugerpark, Laerskool Pietersburg-Oos junior koor, Laerskool Pietersburg-Oos senior koor, Curro Heuwelkruin, Hoërskool Piet Potgieter en Pietersburg Hoërskool Meisieskoor.

Die kompetisie het by Hoërskool Pietersburg se skoolsaal plaasgevind waar elke koor die kans gehad het om drie tot vier liedere te sing om die beoordelaars te beïndruk.

Die beoordelaars was Hannelize du Plessis en Linda Claassen, en Bessie Kean was eregas.

Terwyl die beoordelaars oor die eindtellings beraadslag het was die ouers en gaste vermaak deur die groep Spieëlbeeld.

Die groep bestaan uit twee broers, Janus en Martin van der Westhuizen.

Die uitslae van die aand was na die optrede deur Hannelize du Plessis aangekondig:

• Laerskool Krugerpark – silwer.

• Laerskool Pietersburg-Oos junior koor – goud.

• Curro Heuwelkruin – silwer.

• Laerskool Pietersburg-Oos senior koor – goud.

• Hoërskool Piet Potgieter – silwer.

• Hoërskool Pietersburg Meisieskoor – silwer.

Du Plessis het kritiek na afloop van die aand gelewer.

“Hierdie kritiek sluit in die koor se klank, intonasie, patetuur en die keuse van die liedere wat gesing is.

“Al die kore was besonders, die keuse was beslis nie ‘n maklike keuse nie,” het sy na die tyd opgemerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version