Bosveld NewsNews

Plaaslike veiling, nuwe SA rekord

BYNA 'n 1000 mense van alle spektrums van die wildbedryf het verlede Saterdag op Bela Bela die Wildlife Ranching SA,(WRSA), wildveiling wat deur Vleissentraal Bosveld aangebied is bygewoon.

BYNA ‘n 1000 mense van alle spektrums van die wildbedryf het verlede Saterdag op Bela Bela die Wildlife Ranching SA,(WRSA), wildveiling wat deur Vleissentraal Bosveld aangebied is bygewoon.

Nuwe SA rekordpryse is op die dag behaal, ‘n wit saalrug blesbokooi het die rekordprys van R4 200 000 opgelewer en ‘n wit saalrug split blesbokooi lewer R1 400 000 op.

Skaarswild asook gewone vlaktewild is in die bomas asook per katalogus aangebied. Een van die voordele vir kopers wat die veiling bygewoon het, is dat diere van verskeie verkopers aangebied is. ‘n Verskeidenheid genetiese materiaal maak die veiling dus aantreklik vir die kopers.

Dit was vroeg in die veiling duidelik dat swartrooibokke asook saalrug rooibokke se prys ietwat laer is as vroeër in die jaar. ‘n Jong saalrug rooibokram van Phumelela Game Breeders het R1,6 miljoen behaal. Drie swartrooibokooie dragtig van ‘n saalrug rooibokram, ook van Phumelela Game Breeders het R550 000 stuk behaal. Springbokke was goed in aanvraag. ‘n Hartwater springbokram van Herman Barnard het R225 000 behaal. ‘n Koper hartwater springbokram van Pretoria Wildlife Services het R80 000 behaal.Die hoogtepunt van die veiling was ongetwyfeld die bastergemsbok bul van Silent Valley met ‘n horinglengte van 29″ op 4-jarige ouderdom wat vir R1,8 miljoen verkoop is. Soos in 2014 was wit saalrug blesbokke hoog in aanvraag. ‘n Wit saalrug blesbokram van Donnie van Zyl van Amersfoort het R4 miljoen behaal.

‘n Wit saalrug blesbokooi het vir R4,2 miljoen verkoop. Split wit saalrug blesbokooie het vir R1,4 miljoen verkoop. Klein bokkies se pryse is besig om vinnig te styg. Grys duikers het R11 000 en steenbokke R20 000 stuk behaal.

Volgens Niel Swart, afslaer van Vleissentraal Bosveld wat die veiling aangebied het, is dit duidelik dat kopers hul huiswerk deeglik voor veilings doen. Kopers is bereid om op te dok vir kwaliteit diere.

Related Articles

Back to top button