Vision of Hope ontvang skenkings van Samaritane

LEANDRI VAN SCHALKWYK Die personeel van Fraser en Genote BlouSter Finansiële Adviesdienste het onlangs hulle harte teenoor Vision of Hope Foundation Polokwane (VOHF) oopgemaak. Die maatskappy het ‘n projek geloods waar klere, niebederfbare produkte en komberse vir dié organisasie ingesamel is. Mario van Rooyen ‘n finansiële beplanner van BlouSter sê hy het van die organisasie …

LEANDRI VAN SCHALKWYK
Die personeel van Fraser en Genote BlouSter Finansiële Adviesdienste het onlangs hulle harte teenoor Vision of Hope Foundation Polokwane (VOHF) oopgemaak.
Die maatskappy het ‘n projek geloods waar klere, niebederfbare produkte en komberse vir dié organisasie ingesamel is.
Mario van Rooyen ‘n finansiële beplanner van BlouSter sê hy het van die organisasie en die werk wat hulle doen gehoor en besluit om betrokke te raak by VOHF om hulle te help en ‘n verskil in die gemeenskap te raak.
VOHF is ‘n nie-winsgewende organisasie wat daarna streef om die gemeenskap te help en mense in nood by te staan deur middel van verskeie projekte, insluitend pleegsorg-huise en skuilings.
Van Rooyen het die maatskappy se prinsipaal, Walter Fraser genader en voorgestel dat hy en sy genote inspring om die VOHF te help.
Die hele BlouSter-span het die projek aangegryp en onder leiding van Fraser en Van Rooyen lag-lag binne drie weke ‘n vrag goed ingesamel.
“Ons gaan vir seker in die toekoms weer so ‘n projek loods. Ons personeel het goed saamgewerk en ek is trots op hulle. As besigheidseenheid het ons ‘n passie om na die welstand van mense om te sien. Mense in nood lê ons na aan die hart en dis waarom ons besluit het om te help,” het Van Rooyen gesê.
Die voorsitter van die VOHF, Anne-marie Booysen het gesê sy is dankbaar vir die donasie en bly dat mense raaksien wat die organisasie in die gemeenskap doen.
Fraser en Genote BlouSter Finansiële Adviesdienste word deur Sanlam onderskryf.

Exit mobile version