Rugby en netbal vir kanker

Op Dinsdag, 19 Mei het Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Tzaneen se netbal- en rugbyspanne hul wedstryde op Laerskool Louis Trichardt se veld ten bate van kankerleiers afgeskop.

LOUIS TRICHARDT – Op Dinsdag, 19 Mei het Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Tzaneen se netbal- en rugbyspanne hul wedstryde op Laerskool Louis Trichardt se veld ten bate van kankerleiers afgeskop. Rugbyspanne het ligawedstryde gespeel terwyl netbalwedstryde vriendskaplik was.

Triegies se eerste spanne het die veld opgedraf gekleë in pienk terwyl die ander spanne elk ‘n pienk item gehad het, hetsy skoenveters of armbande.

Die Rugby vir Kanker inisiatief het ‘n paar jaar terug begin toe een van die leerders se ouers met kanker gediagnoseer is – die huidige eerstespan was toe o/11. Die leerder het besluit om die lede van sy span te nader vir ondersteuning en só was die Rugby vir Kanker beweging gestig, hierdie span het van daar af elke jaar tydens hul ligawedstryde met pienk truie gespeel.

Hierdie jaar het die Triegies se eerste span en hul ouers R30 000 ingesamel vir die Makhado Care Group, ‘n verdere R6 000 was ook die vorige week ingesamel deur ‘n spanpoging van beide Laerskool Tzaneen en Laerskool Louis Trichardt. Laerskool Louis Trichardt se hoof, Louis Linde, het trots albei skole se leerders en ouers bedank vir hulle toegewydheid om die Makhado Care Group te ondersteun.

Saam met hierdie fondsinsamelingsbeweging het Thompson Motors in Louis Trichardt die gebruik van ‘n Polo Vivo met ‘n pienk plakker met ‘Rugby vir Kanker’ vir ‘n jaar aan Makhado Care Group geskenk.

Die tellings vir die dag, met die gasheerskool se punte eerste was as volg:

Rugby:

•o/9A 0-19.

•o/9B 0-32.

•o/10 40-5.

•o/11 0-38.

•Derde span 0-12.

•Tweede span 5-7.

•Eerste span 12-5.

Netbal:

•o/7 2-2.

•o/8 2-2.

•o/9A 9-2.

•o/9B 1-7.

•o/10A 8-5.

•o/10B 4-8.

•o/11A 9-11.

•o/11B 2-16.

•o/12A 5-19.

•o/12B 14-21.

•o/13A 16-12.

•o/13B 11-3.

Exit mobile version