Oosskool se graad R-leerders besoek Mediclinic Limpopo

BARRY VILJOEN Twee groepe graad R-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos het onlangs geleentheid gekry om ‘n begeleide toer van Mediclinic Limpopo mee te maak en meer oor die rolle van dokters en nooddienswerkers te leer. Voordat die besoekers hul steriele maskers en papierhoede ontvang het, is hulle eers in die parkeerterrein vertroud gemaak met die prosedure …

BARRY VILJOEN
Twee groepe graad R-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos het onlangs geleentheid gekry om ‘n begeleide toer van Mediclinic Limpopo mee te maak en meer oor die rolle van dokters en nooddienswerkers te leer.
Voordat die besoekers hul steriele maskers en papierhoede ontvang het, is hulle eers in die parkeerterrein vertroud gemaak met die prosedure wat gevolg word wanneer ‘n mens wat in ‘n ongeluk beseer is, op ‘n draagbaar gelaai en gestabiliseer word.
In die hospitaal is besoek aan die pediatriese eenheid, apteek, kombuis en ongevalle-afdeling gebring en Vic Loftie-Eaton, traumadokter, het verduidelik wat met ‘n pasiënt gebeur wanneer hy in

Faith Mashilo, kliëntediensbeampte van Mediclinic Limpopo en Vic Loftie-Eaton, traumadokter, in die ongevalle-eenheid. Op die bed is graad R-leerder, Lariska Snyman.
Faith Mashilo, kliëntediensbeampte van Mediclinic Limpopo en Vic Loftie-Eaton, traumadokter, in die ongevalle-eenheid. Op die bed is graad R-leerder, Lariska Snyman.

dié eenheid opgeneem word.
Die belangrikheid daarvan om ‘n veiligheidsgordel te dra, is benadruk en die leerders het gesien hoe ‘n hartmonitor en ander mediese toerusting werk.
Willa Viljoen, waarnemende graadhoof van die graad R’e, het verduidelik dat dié uitstappie ‘n jaarlikse instelling is en deel van die kurrikulumtema ‘dokters’ vorm.
Die doel daarvan is om leerders met die hospitaalomgewing vertroud te maak en die rol van mediese personeel te beklemtoon.
“Dit is belangrik dat die kinders nie bang moet wees as hulle in ‘n ongeluk betrokke raak en op ‘n draagbaar deur ‘n ambulans vervoer moet word nie. Hulle moet ook op hul gemak voel in die hospitaal en weet dat hul ouers toegelaat word om by hulle te wees,” het Viljoen gesê.

Exit mobile version