Local NewsNews

Buffel gaffel veearts

RC Myburgh >>rc.observer@gmail.com ‘n Veearts van Thabazimbi wat bekend is vir sy vaardigheid wanneer grootwild verskuif moet word, is ernstig beseer deur ‘n buffel. Wilhelm Schack sou na verwagting gister (Woensdag) uit Mediclinic Limpopo ontslaan word nadat ‘n buffel hom verlede Donderdag gegaffel het. Schack is per noodhelikopter van ’n plaas buite Mokopane na Mediclinic …

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

‘n Veearts van Thabazimbi wat bekend is vir sy vaardigheid wanneer grootwild verskuif moet word, is ernstig beseer deur ‘n buffel.
Wilhelm Schack sou na verwagting gister (Woensdag) uit Mediclinic Limpopo ontslaan word nadat ‘n buffel hom verlede Donderdag gegaffel het.
Schack is per noodhelikopter van ’n plaas buite Mokopane na Mediclinic Limpopo met ernstige snywonde en ‘n gebreekte arm ingevlieg.
Volgens nooddienswerkers was Schack betrokke by die verskuiwing van buffels toe een tydens die aflaaiproses nie van die vragmotor wou afklim nie.
“’n Skokstok is glo ingespan, maar die buffel wou nie beweeg nie. Schack het gedink die buffel kon moontlik beseer wees en het op die vragmotorbak geklim. Dit is toe wat die buffel vermoedelik geskrik en vir Schack op die bak gegaffel het,” sê ’n bron.
Die algemene bestuurder van Eko Wild, ‘n wildverskuiwingsbesigheid waarvan Schack die eienaar is, Annelle Booysen, het gesê al het Schack ernstige beserings opgedoen, het hy vinnig herstel.
Sy het Polokwane Observer na Schack verwys om persoonlik oor die voorval te gesels, maar hy kon teen druktyd nie bereik word nie.

Related Articles

Back to top button