‘n Splinternuwe baadjie vir PSG

OP die hoek van Pretorius- en Voorstrate het 'n ou huis 'n nuwe baadjie aangetrek en is dit nou die spoggerige kantore van PSG Wealth Mokopane.

MOKOPANE – OP die hoek van Pretorius- en Voorstrate het ‘n ou huis ‘n nuwe baadjie aangetrek en is dit nou die spoggerige kantore van PSG Wealth Mokopane.

Die amptelike opening is onlangs gehou met Gawie Redelinghuys, PSG se nasionale hoof van verspreiding van PSG Wealth, wat die gaste toegespreek het.

Redelinghuys het die gaste, waaronder ook verskeie jarelange kliënte van Koos de Wet, meegedeel dat PSG Wealth Mokopane se voldoening aan regulasies om kliënte regverdig en billik te adviseer en van raad te bedien, oor jare reeds in plek, is en dat die gemeenskap trots daarop kan wees om mense soos De Wet en sy span se gehalte in hulle midde te hê.

Hy het daarop gewys dat PSG Wealth Mokopane nie net finansiële beplanning, waaronder beleggings en risikodekking sorteer, aanbied nie, maar dat De Wet, finansiële beplanner van hierdie PSG kantoor, ook ‘n fidusiêre beampte by PSG Trust is. De Wet bied ook fidusiêre dienste, naamlik opstel van testamente en bereddering van boedels, as diens aan die publiek aan.

Ander gaste wat die opening saam kom vier het, sluit in die waarnemende stadsbeplanner Solane Ntshani en sy kollega Lerato Thoka, asook die argitek Leon van Veenhuizen. De Wet het hulle bedank vir hulle hulp en insette om die gebou in sy nuwe vorm te giet en binne die regulasies te hou.

Andy Goetsch, vise-president van die Mokopane Sakekamer, het ook die opening bygewoon. Goetsch het De Wet geluk gewens met die inisiatief, ligging en aansig van dié kantoor wat bydra tot die sakegemeenskap van Mokopane. Die gaste het na afloop van die seremonie heerlik saam gekuier en ‘n glasie geklink op die voorspoed van PSG Wealth Mokopane.

Gawie Redelinghuys, PSG se nasionale hoof van verspreiding, wens Koos de Wet geluk met sy nuwe kantore voordat die lint by die voordeur geknip word.
Die pragtige nuwe kantore van PSG waar gaste met die opening getrakteer is.
Exit mobile version