Bosveld NewsNews

Kultuurdiere wys hul slag

DIE Bosveld Kunsfees is verlede week by Hoërskool Piet Potgieter gehou en die kunsleerders van verskeie skole in en om die dorp het hulle talente in meer as 990 items kom wys.

MOKOPANE – DIE Bosveld Kunsfees is verlede week by Hoërskool Piet Potgieter gehou en die kunsleerders van verskeie skole in en om die dorp het hulle talente in meer as 990 items kom wys.

Elmarie Oosthuizen, onderwyser van die skool en organiseerder van die fees, sê sy is meer as tevrede met die goeie opkoms en talent. Die kunsleerders van laer en hoërskole, kon onder meer aan gedramatiseerde werk, spreekkore, monoloë, poësie, prosa en bladlees deelneem.

Die leerders het elkeen ‘n sertifikaat en kort verslag van die beoordelaars gekry. Daar is ook trofeë vir die wenners in die verskeie kategorieë op die spel.

Die volgende kunsleerders van HPP het behoorlik in die veld uitgeblink;

Kinna Wessels het aan 12 items deelgeneem waarin sy ‘n spog persentasie van in die 90% vir elke item los gepraat het.

René Buitendag spog met ‘n gemiddelde persentasie van meer as 90% vir haar 12 items. Megan Smuts roem met ‘n gemiddelde persentasie van diep in die 90% vir haar agt items.

“Al die kunsleerders van Hoërskool Piet Potgieter het puik prestasies opgeraap en ek is trots op elkeen van hulle,” sê Elmarie Oosthuizen, organiseerder van die fees.

Related Articles

Back to top button