Kom wees lid en voorkom risiko van brandverlies

Die FPA nooi ook alle belangstellendes uit om hul algemene jaarvergadering op Saterdag 23 Mei om 10:00 by die Mogalakwena Brandweerstasie te kom bywoon.

MOKOPANE – DIE Mogalakwena Fire Protection Association, (FPA), het in September 2010 ontstaan met die hoofdoel om brande te voorkom en te bestry.

Die FPA bestaan uit ‘n diens wat verskaf word deur die 24 tal lede van Working on Fire, (WOF). Die vurige span word gebruik vir die bestryding van veldbrande en om voorbrande en brandpaaie te maak. Hul bied ook opleiding vir skole en in die omliggende gebiede.

Die FPA se gebied vir brandbestryding strek vanaf Naboomfontein, tot by Marken, Baltimore en dan tot by die Ysterberg.

Ledegeld word as volg gehef; ‘n aanslutingsfooi van R50 eenmalig, heffing vir kleinhoewes van 0,1 h tot 75 h beloop R100 per jaar. Die heffing vir lodges beloop R1000 en die heffing as daar vier of meer wonings is ook ‘n R1000. Die heffing vir helikopter is R22 500 per uur.

Tans bestaan die FPA uit 147 lede, maar enige iemand kan aansluit. Daar is ‘n aansoek vorm wat ingevul moet word, die vorms kan afgehaal word by Steven Vermaak of Mark Weyford.

Vir verdere inligting of belangstelling kontak vir Steven op 082 316 7760 of vir Mark op 083 650 7725.

Die FPA nooi ook alle belangstellendes uit om hul algemene jaarvergadering op Saterdag 23 Mei om 10:00 by die Mogalakwena Brandweerstasie te kom bywoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version