Local NewsNews

Spog met jou troeteldier in DBV se fotokompetisie

BARRY VILJOEN >>barryv.observer@gmail.com Die plaaslike tak van die Dierebesker-mingsvereniging (DBV) se jaarlikse foto-kompetisie is aan die gang en diereliefhebbers kan tot 30 Junie foto’s van hul troeteldiere vir dié kompetisie inskryf. Daar is ‘n kategorie vir honde en een vir katte en die diere moet jonger as 12 maande oud wees. Foto’s van die diere …

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Foto: Verskaf Een van die inskrywings wat reeds vir die fotokompetisie ontvang is.
Foto: Verskaf
Een van die inskrywings wat reeds vir die fotokompetisie ontvang is.

Die plaaslike tak van die Dierebesker-mingsvereniging (DBV) se jaarlikse foto-kompetisie is aan die gang en diereliefhebbers kan tot 30 Junie foto’s van hul troeteldiere vir dié kompetisie inskryf.
Daar is ‘n kategorie vir honde en een vir katte en die diere moet jonger as 12 maande oud wees.
Foto’s van die diere moet per e-pos aan spcaphoto@gmail.com gestuur word en die eienaar se telefoonnommer moet vermeld word. Die foto’s sal dan op Facebook op ‘spcapolokwane’ en ‘polokwanespcaphotocompetition’ geplaas word en deelnemers kan vir die diere stem deur ‘n SMS met die troeteldier se nommer na 34464 te stuur. Elke SMS kos R2.
Die ses finaliste, drie honde en drie katte, se foto’s sal op 2 Julie in Polo-kwane Observer geplaas word.
Die eerste prys in elke kategorie is ‘n mikroskyfie en ‘n sterilisasie of ‘n kontantekwivalent indien die dier reeds gesteriliseer is. Die vier naaswenners sal elkeen ‘n mikroskyfie kry.
Volgens Tania le Roux, DBV-komiteelid wat die kompetisie koördineer, is die doel daarvan om die publiek van die rol wat die DBV in die gemeenskap speel, bewus te maak.
Le Roux doen ‘n beroep op diereliefhebbers om met skenkings en borgskappe, wat as verdere pryse gebruik kan word, na vore te kom.
Die DBV het ook ‘n behoefte aan kon-tantskenkings en kos om dié instelling daagliks aan die gang te hou.

Related Articles

 
Back to top button