Oosskool vier Hemelvaartdag

Leerders van Oosskool was deel van hierdie herdenking en het hierdie jaar kans gehad om 'n wonderlike les te leer oor Jesus se liefde.

POLOKWANE – Hierdie jaar het leerders van verskeie skole die kans gehad om herinner te word van die wonderwerk en meer te leer oor Hemelvaart, wat op Donderdag, 14 Mei herdenk is.

Leerders van Oosskool was ook deel van hierdie herdenking en het hierdie jaar kans gehad om ‘n wonderlike les te leer oor Jesus se liefde.

Die leerders het elkeen ‘n wit klippie ontvang waarop hulle naam geskryf was.

Met die simboliek van dié klein klippie wat styf vasgehou word, het hul geleer hoe Jesus hulle op ‘n eenderse manier styf in Sy hande vashou en dat Hy hulle nooit sal versaak nie, ongeag die omstandighede.

Na die diens het die leerders hande geneem om ‘n kruis te vorm.

Die gr. 7-leerders in die middel van die kruis het elk ‘n ballon gehad met ‘n Bybelversie daaraan vasgemaak wat in die lug vrygelaat is om vertroosting aan diegene wat dit kry te verleen.

Daarna was daar vir die leerders kans gegun om ‘n gebed op te dra vir mekaar, om vir Jesus dankie te sê en Hom meer van hul lewe te vertel, en sodoende hulle band met Hom te versterk op Hemelvaartdag.

MEER FOTO’S

Exit mobile version